Die Wapadrand Boeredansgroep

Die Wapadrand Boeredansgroep, wat al sedert November 2004 bestaan, beoefen en vertoon graag Boeredanse en Danette Smith, die groepleier, se ideaal vir die groep is steeds om die Afrikaner se danskultuur te vertoon en uit te bou. Hulle tree op voor toeriste wat Suid-Afrika besoek asook op uitnodiging by plaaslike geleenthede.   

Die groep, wat wissel tussen die ouderdomme van 11 en 17 jaar, is jaarliks top presteerders by die Nasionale Eisteddfod en is ook gunstelinge by die Tshwane Jeug Kunstefees aangebied in die Pretoria Staatsteater. 

Danette slaag daarin om haar passie vir die Afrikaner kultuur oor te dra aan die kinders en haar entoesiasme is aansteeklik, en watter beter spreekbuis as juis die kind is daar om ’n lewende en groeiende kultuur te adverteer.

19 Januarie 2014 is die groep se verjaarsdag koek gesny en het elke kind op die kamp die geleentheid gekry om ‘n gekleurde lint op die syfers “10” vas te steek.  Dit simboliseer nie net elke individu wat deel is/was van die groep sedert sy ontstaan in 2004 nie, maar herdenk ook die 10 geseënde jare wat die groep tot dusver ervaar het.

Ons gaan België toe in Augustus 2018!!!!
 
Ons is genooi om deel te wees van die “Volkskunstweek” in Sint-Niklaas vanaf 12 – 17 Augustus 2018 – sien ons uitnodiging.
 
As jy wil help om hierdie droom te verwesenlik en jy weet nie hoe nie, lees die inligtingsbrief.
 
Jy kan ons ook ondersteun by ons optredes of ons nooi vir ‘n optrede.  Die kalender sal jou meer vertel.
 
Boeredansgroete

Danette
 
Danette Smith : Ambassadeur vir Afrikaans
Onderhoud op die Groot Ontbyt 28 Oktober 2016

Vir verdere inligting oor ander ambassadeurs vir Afrikaans en vele meer oor jou taal besoek www.afrikaans.com
 
Die dansgroep is vir lede van Graad 6 tot 12 en dus sal dit gebeur dat ons moet afskeid neem van kinders wat vir jare deel was van die dansgroep.

Hulle is nou klaar met skool en moet nou die lewe aanvat as volwassenes.

Hier kan jy hulle fotos, name en tydperk in die dansgroep sien – jare wat hulle opofferings gemaak het maar waar hulle ook diep spore getrap en agter gelos het vir hulle opvolgers.

Ek is hartseer om hulle te sien gaan, maar my beste wense vergesel hulle op die toekomspad.

Tannie Danette

Terug Terug na bo