Setties / Setees / Schottische

In die 19de eeu kom die setties nog maar selde voor in vergelyking met die begin van die 20st eeu, toe dit, saam met die polka en die wals, een van die gewildste danse was. Die dans het al gewilder geword by informele danspartye en is dikwels gebruik om die kuiermense in die regte stemming te bring.

In Swede, Noorweë en Finland is dit egter ook op kenmerkende wyse gedans. In Bavaria is dit gedans onder die naam Rheinlander.

Die musiek is baie soos die van die polka maar die tempo is bietjie stadiger. Dit het vinnige voetwerk en kan geloop, gehuppel, gedraf, gehop of gehardloop word.

Streke in Suid Afrika het hulle eie kenmerkende name aan hierdie dansvorm gegee soos byvoorbeeld die Uitskopsetties van die Namakwalanders of die Los setties van die Karoo.

Die Afrikaanse woord settees is n volksetimologiese vervorming van die naam schottische. Omdat die schottische n passie of patroontjie binne sekere skotse riele was, bv die strathspey, is dit algemeen aanvaar dat die dans Skots van oorsprong is. Daar is egter ook skrywers wat van mening is dat die dans sy oorsprong in Duitsland het, gegrond op die musiek en aard van die dans.  

KYK HIER:

Terug Terug na bo