Polka

Dit is nie bekend wanneer die vroegste vorm van die polka ontstaan het nie, maar daar is wel vasgestel dat die dans in Boheme ontstaan het as n volksdans en nie voor ongeveer die middel van die 19de eeu na die res van Wes-Europa versprei het nie. Die polka het sy oorsprong uit Boheme as n groepsdans. Hierdie dans is beskou as n sterk mededinger vir die wals in 1840.

Dit was oorspronklik n Tjeggiese slawe dans. Historici beweer dat Anna Slezak een Sondag hierdie dans geskep het. Sy het die passie Madera genoem as gevolg van die lewendigheid daarvan.

Die woord polka is die Tjeggiese woord vir half-pas wat verwys na die vinnige wisseling van een voet na n ander. Kenmerkend van die polka is die drie vinnige passe en n huppelpas.

Gedurende die veertigerjare was die polka-masurka, wat die polkapassies met die musiekmaat van die masurka verbind, baie gewild.

Net soos daar in Europa talle variante van die polka in verskillende lande onstaan het, het die besondere gewildheid daarvan ook in Suid-Afrika n hele aantal interessante variante tot gevolg gehad.

Een van die bekendste is die uitskoppolka waarin die dansers telkens met hulle voete sywaarts of agtertoe skop. Verskillende landstreke soos die Boesmanland met die Burden polka, die Draai polka van die Suid Kaap en die Sandvelders se Platvoetpolka het hulle eie kenmerke tot die dansvorm gevoeg. 

KYK HIER:

Terug Terug na bo