Kontradans / Country dance / Contredance

Die kontradans was die voorloper van die kwadriel.

Vir die Engelse het die klem op die uitvoering van country dance gelê op sosiale verkeer maar die Franse het nie net die verandering in uitspraak na contredance  gemaak nie maar ook hul eie stempel daarop afgedruk en n paar aanpassings op die uitvoering van die passies gemaak. Hulle het onder andere die Engelse patroon van twee lang rye verklein tot n vierkant. Die rede hiervoor was om dit aan te pas by die binnekant van die meer vierkantige Franse balsale.

Die Engelse country dance het verskillende vorms aangeneem:

Langdanse

Rondedanse

Vierkantdanse

Kontradanse word uitgevoer deur n klomp pare wat teenoor mekaar in twee lang rye staan genoem langdanse wat die bekendste vorm van kontradans is.  

Terug Terug na bo